Die
Gebed van die Broederskap van Geseënde Gérard
Here Jesus Christus,
Deur U genade is ek geroepe om U te dien as lid van die Broederskap van
Geseënde Gérard.
Ek dank U dat U my waardig ag vir die taak.
Ek vra nederig en met die voorspraak van Onse Liewe Vrou, Sint Johannes die
Doper, Geseënde Gérard, en al die Heiliges dat die geestelikheid van ons
Broederskap my lewe en my dade sal deurtrek, om altyd toegewyd te wees tot U
diens in en teenoor wie-ook-al my hulp benodig.
Vertrouend op U hulp, wil ek altyd die geloof verdedig en my hart oop hou
teenoor my naaste, veral die armes, die veslaenes, die eensames, die gebrekkiges
en die siekes.
Skenk my die krag om volgens hierdie onderneming as 'n opregte en
onselfsugtige Christen te lewe in die Gees van U Evangelie.
Tot die eer van God - vir die vrede van die wêreld en die aanwins van ons
gemeenskap.
Amen.
We thank Rev. Elsa Bosman for this translation of our prayer into Afrikaans.
Back to the homepage of the
Brotherhood of Blessed Gérard
This page was last updated on
Dienstag, 01 September 2020 13:11:36